Gibbaeum angulipes is 'n klein vetplant wat deel van die Aizoaceae familie is. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom op die noordelike helling van die Langeberg van Waterval tot by Muiskraal voor. Daar is ses subpopulasies bekend en hulle word bedreig deur vertrapping deur vee en wild.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

angulipes Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika