thumb|240px|'n Voorstelling van die Clowes-Campusano-GKG Die Clowes-Campusano-GKG (ook bekend as LQG 3 en U1.28) is 'n groot kwasargroep wat uit 34 kwasars bestaan en sowat 2 miljard ligjare lank is. Dit is een van die grootste bekende superstrukture in die sigbare heelal. Dit is naby die groter Groot GKG geleë en is in 1991 deur die sterrekundiges Roger Clowes en Luis Campusano ontdek.

Beskrywing Die kwasargroep is sowat 9,5 miljard ligjare van hier en bestaan uit 34 individuele kwasars (uiters helder aktiewe sterrestelselkerns wat 'n supermassiewe swartkolk omring). Dit is rofweg 2 miljard ligjare lank en sowat 1 miljard ligjare breed. Dit is dus een van die grootste en eksotiesste kosmiese strukture bekend in die sigbare heelal. Dit is U1.28 genoem vanweë sy rooiverskuiwing van 1,28 en lê in die sterrebeeld Leeu.

Die groep was ook opmerklik omdat dit in die sonnebaan lê, die sirkel waarin die Son in 'n jaar beweeg van die Aarde af gesien. Dit is 1,8 miljard ligjare van die Groot GKG, 'n groep van 73 kwasars wat in 2012 ontdek is.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Groot kwasargroepe Kategorie:Leeu (sterrebeeld)