Maffei 2 is 'n spiraalsterrestelsel sowat 10 miljoen ligjare van die Melkweg af in die sterrebeeld Kassiopeia. Maffei 2 en Maffei 1 is albei in 1968 deur Paolo Maffei ontdek danksy hulle infrarooi-uitstralings.
Maffei 2 lê in die Sone van Ondeursigtigheid en 99,5% daarvan word deur die Melkweg se sterre en stof verberg. Dit kan dus feitlik nie by sigbare golflengtes gesien word nie. Aanvanklik is vermoed dit behoort tot die Plaaslike Groep sterrestelsels, maar later is besef dit vorm deel van 'n ander groep, die IC 342/Maffei-groep, die naaste sterrestelselgroep aan die Plaaslike Groep.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:Kassiopeia (sterrebeeld)