Dwingeloo 1 is 'n spiraalsterrestelsel sowat 10 miljoen ligjare van die Melkweg af in die sterrebeeld Kassiopeia. Dit lê in die Sone van Ondeursigtigheid en word kwaai deur die Melkweg se sterre en stof verberg. Die grootte en massa van die stelsel is vergelykbaar met dié van die Driehoeksterrestelsel.
Dwingeloo 1 het twee kleiner satellietsterrestelsels, Dwingeloo 2, 'n onreëlmatige sterrestelsel, en MB 3. Hulle behoort tot die IC 342/Maffei-groep sterrestelsels.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:Kassiopeia (sterrebeeld)