thumb|220px|'n Voorstelling van U1.11.
U1.11 is 'n groot kwasargroep wat in die sterrebeelde Leeu en Maagd geleë is. Dit is een van die grootste bekende kwasargroepe, met 'n geraamde maksimum deursnee van 2,2 miljard ligjare.
Beskrywing Die struktuur is sowat 2° van die Clowes-Campusano-GKG geleë. Sy rooiverskuiwing is 1,11, vandaar sy naam. Dit stem ooreen met 'n afstand van 8,8 miljard ligjare van hier. Dit is ook redelik naby aan U1.54, nog 'n groot kwasargroep. U1.11 bestaan uit 38 kwasars en is in 2011 ontdek tydens die Digitale Sloan-lugopname. Tot met die ontdekking van die Groot GKG in November 2012, was dit die grootste bekende struktuur in die heelal, selfs groter as die Clowes-Campusano-GKG, wat 20 jaar die rekord gehou het.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Groot kwasargroepe Kategorie:Leeu (sterrebeeld) Kategorie:Maagd (sterrebeeld)