Asië Rugby (Engels: Asia Rugby, afgekort “AR”) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Asië. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is in 1968 gestig en hulle hoofkantoor is in Hongkong, Volksrepubliek China, geleë. Die amptelike taal is Engels en Qais Al-Dhalai dien as president van Asië Rugby.
Asië Rugby organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Asiatiese Rugbykampioenskap vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Asië Rugby hou ook toesig oor sewesrugby in Asië en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Olimpiese Raad van Asië (OCA) saam.
In 1968 is Asië Rugby onder die naam Asiatiese Rugbyvoetbalunie (Engels: Asian Rugby Football Union) in Bangkok gestig deur Hongkong, Japan, Maleisië, die Republiek China, Singapoer, Sri Lanka, Suid-Korea en Thailand. In Junie 2015 is die Asiatiese Rugbyvoetbalunie hernoem in Asië Rugby.
Lidlande duimnael|links|400px|Lidlande van Asië Rugby volgens aantal geregistreerde rugbyspelers in 2018: Asië Rugby het tans 36 lede:
Sien ook AFC Asiatiese Krieketraad
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Rugby in Asië Kategorie:Rugbybeheerliggaam Kategorie:Wêreldrugby