Rugby Europa (Engels en Frans: Rugby Europe, afgekort RE) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Europa. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is in 1934 gestig en hulle hoofkantoor is in Parys, Frankryk, geleë. Die amptelike tale is Engels en Frans en Janhein Pieterse dien as president van Rugby Europa.

Rugby Europa organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Europese Rugbykampioenskap vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Rugby Europa hou ook toesig oor sewesrugby in Europa en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Europese Olimpiese Komitees (EOK) saam. Rugby Europa hou egter nie toesig oor vername toernooie soos die Sesnasies, Verenigde Rugbykampioenskap, Europese Rugbykampioenskapbeker of die Europese Rugby-uitdaagbeker nie.

Rugby Europa is in 1934 deur die Franse Rugbyfederasie as FIRA (Fédération internationale de rugby amateur) as ’n mededinger vir die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) gestig. Die organisasie het die Europese Nasiesbeker van stapel gestuur om die spel rugby buite die destydse Vyfnasies te versprei en het later elke land op die vastelandse Europa betrek, maar ook lede buite dié kontinent soos Marokko en Tunisië. In die 1990’s het dit die Internasionale Rugbyraad as wêreldbeheerliggaam erken en die vastelandse beheerliggaam vir Europa geword. In 2014 is FIRA hernoem na Rugby Europa.

Lidlande duimnael|links|400px|Lidlande van Rugby Europa volgens aantal geregistreerde rugbyspelers in 2018: Rugby Europa het tans 47 lede:

Sien ook

Europese Krieketraad UEFA

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Rugby in Europa Kategorie:Rugbybeheerliggaam Kategorie:Wêreldrugby