Suid-Amerika Rugby (Spaans en Portugees: Sudamérica Rugby, afgekort “SAR”) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Suid-Amerika. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is in 1988 gestig en hulle hoofkantoor is in Buenos Aires, Argentinië, geleë. Die amptelike tale is Spaans en Portugees en Sebastián Piñeyrúa dien as president van Suid-Amerika Rugby.

Suid-Amerika Rugby organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Amerikas Rugbykampioenskap (saam met Rugby Amerikas Noord) en die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Suid-Amerika Rugby hou ook toesig oor sewesrugby in Suid-Amerika en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Pan-Amerikaanse Sportorganisasie (PASO) saam.

In 1988 is Suid-Amerika Rugby in Asunción, Paraguay, deur Argentinië, Brasilië, Chili, Paraguay en Uruguay as CONSUR (Confederación Sudamericana de Rugby, “Suid-Amerikaanse Rugbykonfederasie”) gestig. In 2015 is CONSUR in Suid-Amerika Rugby hernoem.

Lidlande duimnael|links|400px|Lidlande van Suid-Amerika Rugby volgens aantal geregistreerde rugbyspelers in 2018: Suid-Amerika Rugby het tans 16 lede:

Sien ook CONMEBOL

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Rugby in Suid-Amerika Kategorie:Rugbybeheerliggaam Kategorie:Wêreldrugby