Oseanië Rugby (Engels: Oceania Rugby, afgekort OR) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Oseanië, d.w.s. Australië, Melanesië, Mikronesië en Polinesië. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is in 2000 gestig. Die amptelike taal is Engels en Richard Sapias dien as president van Oseanië Rugby.
Oseanië Rugby organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Stille Oseaan-nasiesbeker en die Stille Oseaan-uitdaagtoernooi vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Oseanië Rugby hou ook toesig oor Sewesrugby in Oseanië en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Oseanië Nasionale Olimpiese Komitees (ONOK) saam.
In 2000 is Oseanië Rugby as die Vereniging van Oseaniese Rugbyunies (Federation of Oceania Rugby Unions, FORU; nou Oseanië Rugby) gestig.
Lidlande duimnael|links|400px|Lidlande van Oseanië Rugby volgens aantal geregistreerde rugbyspelers in 2019: Oseanië Rugby het tans 17 lede:
Sien ook IKR Oos-Asië-Oseanië OFC
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf
Kategorie:Rugby in Oseanië Kategorie:Rugbybeheerliggaam Kategorie:Wêreldrugby