Gemenebes van Onafhanklike State (GOS) 300px| Russiese naam: Содружество Независимых Государств (СНГ) Tipe organisasie: Statebond Lidmaatskap: 9 lidstate1 newelid1 deelnemer Setel: Minsk, Wit-Rusland Gestig: 21 Desember 1991 Hoof se titel: Uitvoerende sekretaris Hoof se naam: Sergei Lebedef Geskatte bevolking: 277 983 490 Jaar van skatting: 2008 Taal: Russies Amptelike webtuiste: cis.minsk.by125pxVlag125pxEmblem
Die Gemenebes van Onafhanklike State (GOS) (Russies: Содружество Независимых Государств; Sodroezjestwo Nezawisimich Gosoedarstf) is ’n streeksorganisasie wat uit voormalige republieke van die Sowjetunie bestaan.
Die organisasie is op 8 Desember 1991 deur Rusland, Belarus en Oekraïne gestig toe die leiers van die drie lande ’n ooreenkoms onderteken het oor die ontbinding van die Sowjetunie en die stigting van ’n organisasie wat as opvolger van die USSR kan dien.Ooreenkoms oor die stigting van die GOS : 3 stigterslede, 8 Desember 1991 (nie-amptelike Engelse vertaling). Russiese teks hier Op 21 Desember het nog agt voormalige Sowjet-republieke aangesluit: Armenië, Azerbeidjan, Kasakstan, Kirgisië, Moldowa, Turkmenistan, Tadjikistan en Oesbekistan en die ledetal dus op elf te staan gebring.Alma-Ata-verklaring: 11 stem in tot die GOS, 21 Desember 1991 (Engelse vertaling). Russiese teks hier Georgië het twee jaar later aangesluit, in Desember 1993, om die ledetal op twaalf te staan te bring. Die drie Baltiese state – Estland, Letland en Litaue – het besluit om nie aan te sluit nie en groter affiliasie met die Europese Unie na te streef.
Die Stigtingsooreenkoms het die hoof- konstitusienele dokument van die GOS gebly tot in Januarie 1993, toe die GOS-handves aanvaar is.GOS-handves , 22 Januarie 1993 (nie-amptelike Engelse vertaling). Russiese teks hier Daarin is bepaal dat lidlande die handves moet bekragtig (sek. 2, art. 7). Oekraïne, een van die stigterslede wat die Stigtingsooreenkoms in Desember 1991 onderteken het, het nooit die GOS-handves bekragtig nie en is dus tot vandag nog nie wetlik ’n lidland nie.Bekragtigingstatus van GOS-dokumente soos op 15 Januarie 2008 (Russies). Turkmenistan het die status van sy lidmaatskap verander tot newelid vanaf 26 Augustus 2005 vanweë sy VN-erkende status van internasionale neutraliteit.Turkmenistan se besluit, vergadering in Kazan, Rusland, 26 Augustus 2005 (Russies).Turkmenistan verlaag status, Radio Free Europe/Radio Liberty, 29 Augustus 2005. Georgië het die GOS op 18 Augustus 2008 ingelig dat sy parlement eenparig besluit het om sy lidmaatskap te beëindig.Georgië se besluit op BBC News, 14 Augustus 2008.Verklaring oor Georgië se besluit , 18 Augustus 2008. Sy onttrekking het ’n jaar later van krag geword.
Die 11 huidige lidlande verskil dus in status: 9 lande het die handves bekragtig en is volle lede, een land (Turkmenistan) is ’n newelid en een land (Oekraïne) is ’n deelnemende en stigterslid, maar nie wetlik ’n lidland nie.
Die GOS is nie ’n superstaat nie, maar ’n losse konfederasie soortgelyk aan die oorspronklike Europese Gemeenskap eerder as die huidige Europese Unie. Dis egter meer as ’n simboliese organisasie, met mag op die gebied van handel, finansies, die reg en sekuriteit. Die belangrikste kwessie vir die GOS is die daarstelling van ’n volle vryhandelsgebied tussen die lidstate. Daar is ook samewerking oor demokrasie, misdaadvoorkoming oor die grense heen en die hou van vrede.
Die GOS is in Minsk, Wit-Rusland, gesetel. Die voorsitter word ’n uitvoerende sekretaris genoem en is sedert Oktober 2007 Sergei Lebedef.
GOS-lande Bekragtiging van GOS-ooreenkomste sedert September 2008 Land Stigtingsooreenkoms geteken Stigtingsooreenkoms bekragtig GOS-handves bekragtig Kommentaar 20px|border Armenië 21 Desember 1991 18 Februarie 1992 16 Maart 1994 20px|border Azerbeidjan 21 Desember 1991 24 September 1993 14 Desember 1993 20px|border Belarus 8 Desember 1991 10 Desember 1991 18 Januarie 1994 Stigterslid 20px|border Kasakstan 21 Desember 1991 23 Desember 1991 20 April 1994 20px|border Kirgisië 21 Desember 1991 6 Maart 1992 12 April 1994 20px|border Moldowa 21 Desember 1991 8 April 1994 27 Junie 1994 (20px|border Oekraïne) 8 Desember 1991 10 Desember 1991 Nie bekragtig Onttrek 20px|border Oesbekistan 21 Desember 1991 1 April 1992 9 Februarie 1994 20px|border Rusland 8 Desember 1991 12 Desember 1991 20 Julie 1993 Stigterslid 20px|border Tadjikistan 21 Desember 1991 26 Junie 1993 4 Augustus 1993 20px|border Turkmenistan 21 Desember 1991 26 Desember 1991 Nie bekragtig Newelid sedert 26 Augustus 2005 (20px|border Georgië) — 3 Desember 1993 19 April 1994 Onttrek
Sekretaris-generaals duimnael|Leiers van die GOS-state 2008 in Bisjkek Sekretaris-generaals van die GOS:rulers.org: Commonwealth of Independent States
Sergey Lebedev (Rusland) 5 Oktober 2007 – huidige Vladimir Rushailo (Rusland) 14 Junie 2004 – 5 Oktober 2007 Yury Yarov (Rusland) 2 April 1999 – 14 Junie 2004 Ivan Korotchenya (Wit-Rusland) 4 Maart 1999 – 2 April 1999 Boris Berezovsky (Rusland) 29 April 1998 – 4 Maart 1999 Ivan Korotchenya (Wit-Rusland) Mei 1993 – 29 April 1998
Eksterne skakels
GOS se uitvoerende komitee Handves van die GOS PINR – GOS se stryd om samehang RZB Vooruitsigte vir die GOS
Verwysings
''Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel :en:Commonwealth of Independent States
Kategorie:Internasionale organisasies