Die Litause Sosialistiese Sowjetrepubliek (Litaus: Lietuvos Tarybų Socialistinė Respublika; Russies: Литовская Советская Социалистическая Республика, Litofskaja Sowetskaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika), ook bekend as die Litause SSR, was een van die republieke van die Sowjetunie.
In Junie 1940 het die Rooi Leër die onafhanklike Litaue beset en in Augustus 1940 het dit die Litause SSR geword. Van 1941 tot 1944 is Litaue deur Nazi-Duitsland beset, maar dit is daarna deur die Sowjetunie herower.
Op 11 Maart 1990 het die land sy onafhanklikheid verklaar, maar dit is eers op 6 September 1991 deur die Sowjetunie erken, saam met dié van Estland en Letland. Op 31 Augustus 1993 het die laaste Russiese troepe die land verlaat.
Voorsitters van die Ministerraad (1940/44 – 1990)
Naam Lewenspan Ampstyd Party 1 Mečislovas Gedvilas* 1901; † 1981 25 Augustus 1940 – 16 Januarie 1956 Lietuvos Komunistų Partija (Litause KP) 2 Motiejus Šumauskas* 1905; † 1982 16 Januarie 1956 – 14 April 1967 Lietuvos Komunistų Partija 3 Juozas Maniūšis* 1910; † 1987 14 April 1967 – 16 Januarie 1981 Lietuvos Komunistų Partija 4 Ringaudas Bronislovas Songaila* 1929 16 Januarie 1981 – 18 Januarie 1985 Lietuvos Komunistų Partija 5 Vytautas Sakalauskas* 1933; † 2001 18 Januarie 1985 – 17 Maart 1990 Lietuvos Komunistų Partija
Sien ook Litaue Sowjetunie
Verwysings
Notas Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Litouwse Socialistische Sovjetrepubliek
Kategorie:Geskiedenis van Litaue Kategorie:Republieke van die Sowjetunie