'n Spreekwoord is 'n kort, kernagtige gesegde, waarin 'n algemene waarheid of wyse les uitgedruk is.

Voorbeelde Enkele voorbeelde van Afrikaanse spreekwoorde:

Elke hond kry sy dag. Haastige hond verbrand sy mond. Hoë bome vang die meeste wind. In die land van die blindes is eenoog koning. Kop in een mus. In rep en roer, d.w.s. 'n groot opskudding, in beweging, in beroering; afkomstig van die Nederlandse "het reppen en roeren", welke werkwoorde beide "beweging" beteken. Nederlands ken ook die spreekwoord in sy Afrikaanse vorm.https://www.encyclo.nl/begrip/in_rep_en_roer Opgespoor en besoek op 27 Mei 2020

Sien ook Idioom

Verwysings

Eksterne skakels

Die eksterne skakels hieronder bevat versamelings Afrikaanse spreekwoorde: Spreekwoorde by Wordpress Spreekwoorde by Wikiquote

Kategorie:Taalkunde