duimnael|Die byvoeging van fluoorsoute het geen invloed op die voorkoms, smaak en reuk van drinkwater nieM. Lamberg, H. Hausen, T. Vartiainen: Symptoms experienced during periods of actual and supposed water fluoridation. Community Dent Oral Epidemiol. 1997;25(4):291–5. Online Library wiley.com
Fluoridering of fluoridasie is die byvoeging van fluoried (fluoorsoute) by drinkwater, kos (soos byvoorbeeld tafelsout en melk) en kosmetika soos tandepasta om tandbederf te help voorkom. Fluoor is 'n spoorelement in grond, water en groente, maar word – anders as byvoorbeeld yster, sink en jodium – nie onder die noodsaaklike spoorelemente vir die menslike liggaam gereken nie,Bundesinstitut für Risikobewertung: Durchschnittlicher Fluoridgehalt in Trinkwasser ist in Deutschland niedrig. Besoek op 4 Mei 2016 al is fluoried, 'n fluoorverbinding, een van die normale bestanddele van beenweefsel, waaronder ook tande.Stiftung Warentest: Gefährdet Fluorid die Gesundheit? Besoek op 4 Mei 2016 Daar kan dus nouliks sprake wees van 'n fluoriedtekort in die menslike liggaam.Zentrum der Gesundheit: Fluorid – Spurenelement oder Gift? Besoek op 4 Mei 2016 Dit is ook nie 'n fluoriedtekort wat tandbederf veroorsaak nie, maar eerder 'n ongebalanseerde dieet en swak tandesorg en mondhigiëne. 'n Tekort aan fluoried word ewemin as die oorsaak van osteoporose aangevoer.Huisgenoot, 3 Junie 2014: Wat jy moet weet oor osteoporose. Besoek op 4 Mei 2016
Volgens die Suid-Afrikaanse Tandheelkundige Vereniging is die fluoridering van drinkwater deur die owerhede die doeltreffendste en goedkoopste manier om tandbederf in 'n gemeenskap te verminder. So is selfs basiese gesondheidsorg soos die gebruik van fluoriedtandepasta moontlik buite die bereik van arm huishoudings. Om fluoried by die watervoorraad te voeg kos minder as R1 per kop per jaar.Volksblad, 15 Februarie 2000: Fluoridasie 'n buffer teen tandbederf. Besoek op 4 Mei 2016 Dit is omstrede, om verskeie redes insluitende: Dit word as gedwonge massamedikasie, en dus as oneties beskou. Fluoried is giftig en vroeër as doeltreffende rotgif en as bestanddeel van plaagdoders ingespan.Zentrum der Gesundheit Die persentasie fluoried in drinkwater is te laag om ernstige gesondheidsgevare in te hou, maar teenstanders van fluoridering hou nie van die idee nie, want fluoridering word van 'n rol in verskeie kwale verdink. Die wetenskaplike getuienis dat fluoridering van drinkwater tandbederf noemenswaardig verminder word betwis, want tandbederf het ewe veel verminder in lande wat nie fluoridering toepas nie. Die verlaging word dus aan beter dieet, en die fluoried in tandepasta toegeskryf. Fluoried hoef nie ingesluk te word om effektief te wees nie. In Suid-Afrika is geargumenteer dat indien die geld wat aan fluoridering spandeer word, eerder aan die uitbreiding van lopende water aan meer huishoudings spandeer sou word, dit 'n veel beter besteding van fondse sal wees, aangesien die gesondheidsvoordele van lopende water onbetwisbaar is.
Verwysings
Eksterne skakels Fluoridering by die DMOZ Fluoried-tameletjie Waarom ek tans amptelik teen fluoridering van drinkwater gekant is
Kategorie:Geneeskunde