Die Kazachstanse Sosialistiese Sowjetrepubliek (Kazachs: Қазақ Кеңестік Социалистік Республикасы; Russies: Казахская Советская Социалистическая Республика, Kazachskaja Sowetskaja Sotsialistitsjeskaja Respoeblika), ook bekend as die Kazachstanse SSR, was een van die republieke van die Sowjetunie.

Met sy 2 717 300 vierkante kilometer was dit die tweede grootste republiek van die USSR (ná Rusland). Die hoofstad was Alma-Ata (vandag bekend as Almaty). Die Kazachs is ’n Turkiessprekende, voorheen nomadiese volk. Die Sowjet-lanseerterrein, nou bekend as Baikonoer, was in Tjoeratam in dié republiek. Personeellede het in die geheime dorp Leninsk gewoon.

Kazachstan is gestig op 26 Augustus 1920 toe die noordelike, Kazachse deel van Turkmenistan van die res van laasgenoemde republiek afgeskei is. Dit het aanvanklik bekend gestaan as die Kirgisiese Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek. In 1925 is dit hernoem tot die Kazachstanse Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek. Voor 1925 het die Russe die Kazachse volk die Kirgisiërs genoem en die huidige Kirgisiërs die Kara-Kirgisiërs (swart Kirgisiërs).

In 1926 is die naam Kirgisiese Outonome Sosialistiese Sowjetrepubliek oorgedra aan die Kara-Kirgisiese Outonome Oblast, wat in 1924 gestig is. Laasgenoemde het later die Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek geword.

In 1990 het Kazachstan sy soewereiniteit binne die Sowjetunie verklaar en in Augustus 1991 sy onafhanklikheid.

Sien ook Kazachstan Sowjetunie Kirgisiese Sosialistiese Sowjetrepubliek

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel :nl:Kazachse Socialistische Sovjetrepubliek

Eksterne skakels

Kategorie:Kasakstan Kategorie:Republieke van die Sowjetunie