Lood(II)chromaat kan as 'n sout van lood in sy oksidasietoestand 2+ en chroomsuur met 'n chemiese formule beskou word of as 'n gemengde oksied van Pb(II) en Cr(VI). Dit kom as die mineraal crocoïet in die natuur voor.

Kristalstrukture Loodchromaat kristalliseer in 'n monokliniese struktuur met die monaziet-struktuur.

Teen T=1068K ondergaan dit 'n oorgang van die eerste orde na 'n ortorombiese struktuur met ruimtegroep Pnma, nommer 62. Dit het die bariet-stuktuur (strukturbericht-klassifikasie H0) met asse: a = 879,861(4), b = 573,422(2), c = 727,402(3) pm.

Bo drukke van 4,5 GPa het dit die tetragonale scheeliet-struktuur (I4; nommer 88; a = 511,02(3) pm en c = 1221,3(3) pm)

Gebruike Loodchromaat was dikwels as pigment in verwe aangewend maar dit word nou in die EU volgens No 790/2009 (Bylae I) geklassifiseer as 'Kan kanker veroorsaak' en 'Vermoedelik beskadig dit die vrugbaarheid '. In die praktyk beteken dit amper 'n verbod op loodchromaat.

Verwysings

Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 88 Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van chroom chromaat Kategorie:Kristalstruktuur met ruimtegroep 62 Kategorie:H0₂-strukture