Erbiumfosfaat is 'n sout van erbium en fosforsuur met die chemiese formule .
Die stof en sy kristalle kan uitgaande van die suiwer metaal met 'n hidrotermale metode vervaardig word.
Kristalstruktuur Die verbinding kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur soos die mineraal xenotiem. Hierdie struktuur is as die sirkoon-struktuur bekend, die S1-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie. Dit is so vir al die later lantaniedfosfate , Ln=Tb,Dy,Ho,Er,Tm,Yb en Lu.
Gebruike Glase van gemengde erbium- en ytterbium(III)fosfaat word gebruik as lasermedium. Die I-energievlak van erbium het 'n lang lewensduur. Die energieoordrag se doeltreffendheid van Yb na Er is hoog en dit het hoë absorpsie- en emissiedeursneë. Dit word in laserafstandmeters, LIDAR- en LIBS-stelsels gebruik.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van erbium