Geranium sparsiflorum is 'n meerjarige, blomdraende plant wat deel is van die Geraniaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap voor. Daar is vyf subpopulasies tussen Kokstad, Ixopo en Weza asook by Lusikisiki. Daar is vermoedelik meer subpopulasies in die ou Transkei area. Die plant het 'n voorkomsgebied van 5 500 km².

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

sparsiflorum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika