Hazel Greene (gebore 19 Januarie 1960) is 'n Ierse boogskutter, kragopteller, en skermer. Sy het aan die Olimpiese Somerspeles van 1980, 1984 en 1988 deelgeneem.Hazel Greene-PereiraHazel GREENE-PEREIRA

Boogskiet In 1979 het sy vyf Ierse rekords by die Kildare Ope Kampioenskappe opgestel. Greene het in 1980, 1984, en 1988 vir die Olimpiese Somerspele gekwalifiseer. Sy het onderskeidelik 19de, 20ste en 38ste geëindig.

Kragoptel Sy het in 1997 in haar ouderdomsgroep en massa-afdeling by die World Association of Benchpress and Deadlifting World Championships gewen. Sy het 143 kg opgetel en 'n WABDL-rekord opgestel wat vir twee jaar geduur het.

Skerm In 2005 het sy begin skerm en die sesde plek behaal in die épée van die veterane-ouderdomsgroep by die "United States Fencing Association" se Nasionale Kampioenskappe in 2007.

Verwysings

Eksterne skakels Profiel op worldarchery.org

Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Ierse sportlui Kategorie:Olimpiese deelnemers