KV7 is die grafkelder van farao Ramses II in die Vallei van die Konings by Thebe, naby die moderne stad Luxor in Egipte. Hy was van die 19de Dinastie en ook bekend as "Ramses die Grote".
Uitleg en versiering KV7 het die gebuigde as van grafkelders uit die vroeë 18de Dinastie. Die ingang is gegrawe uit die sandsteenheuwels naby die valleivloer. Die eerste poort, B, is versier met 'n skyf en met Nephthys en Isis weerskante, asook voorstellings van Maät wat kniel bo die plante van Benede- en Bo-Egipte. Die deurkosyne bevat die name van die koning.
"Die gang loop 58 meter af in die rotse teen 'n hoek wat wissel tussen 12 en 22 grade." Poorte C en D bevat onderskeidelik teks uit die Klaaglied van Re en uitbeeldings van die vier seuns van Horus.
Die gang loop uit in 'n putkamer, en dan in 'n kamer met pilare wat F genoem is. F het twee rigtings. Regs is nog twee kamers. Reguit aan loop die gang nog sowat 12 meter aan en draai dan regs en eindig in die grafkamer, J. J het vier deure na twee klein kamers (Ja en Jb) en twee groter kamers (Jc en Jd).
Ander versierings is van die Boek van Poorte, die Dodeboek, die Boek van die Hemelse Koei, die Amdoeat, die Klaaglied van Re en die Mondopeningseremonie.
Die grafkelder lê op 'n ongewone plek in die vallei en is erg deur vloedwaters beskadig. Baie van die versierings kan nie herstel word nie.
Verwysings
Skakels https://thebanmappingproject.com/tombs/kv-07-rameses-ii Theban Mapping Project: KV7]
Kategorie:Vallei van die Konings