Hierdie artikel handel oor die rivier in die suidwestelike Verenigde State en noordwestelike Meksiko. Vir ander riviere met dieselfde naam, sien Coloradorivier (dubbelsinnig).
Die Coloradorivier (Engels: Colorado River, Spaans: Río Colorado, "rooi gekleurd") is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Noord-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 'n 2 334 km, ontspring in die Rocky Mountain National Park in Colorado. Die vallei van die Coloradorivier is veral bekend weens die Grand Canyon in Arizona.
duimnael|links|Die Coloradorivier naby Page, Arizona, Verenigde State. duimnael|links|Die Glen Canyon-dam tussen Page en die Grand Canyon. duimnael|links|Die Horseshoe Bend in die Grand Canyon. Die Coloradorivier vloei deur die volgende lande: Verenigde State van Amerika en Meksiko. Die rivier loop deur die suid-westelike Amerikaanse deelstate Colorado, Utah, Arizona, Nevada en Kalifornië, asook deur die noord-westelike Meksikaanse deelstate Baja California en Sonora.
Oorspronklik mond die Coloradorivier in Meksiko aan die Golf van Kalifornië uit, maar aangesien al die water gebruik word vir besproeiing, drinkwater en ander gebruik, droog die stroom tans op voordat dit Meksiko bereik. Die rivier se stroomgebied het 'n oppervlakte van 637 137 vierkante kilometer (waarvan slegs 5 200 km² Meksikaanse grondgebied is). In die stroomgebied lê talle groot maar ook klein syriviere, onder andere die Virgin, die Paria en die Kanab.
Syriviere Green Dolores Gunnison San Juan Klein-Colorado Gila Virgin Kanab Paria
Damme met damwalle Lake Mead (Hoover Damwal) Lake Powell (Glen Canyon Damwal) Lake Mojave (Davis Damwal)
Eksterne skakels
Kategorie:Arizona Kategorie:Colorado Kategorie:Kalifornië Kategorie:Nevada Kategorie:Utah Kategorie:Riviere in Meksiko Kategorie:Riviere in die Verenigde State van Amerika