Ds. Joan van Arckel (soms ook Joannes, Johan of Johannes) (Den Briel, Nederland, 1640 - Kaap die Goeie Hoop, 12 Januarie 1666) was die eerste predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, en trouens van enige kerk in die land.

Hy is in 1640 in Den Briel in Nederland gebore en word in 1661 'n student in godgeleerdheid aan die Universiteit van Leiden. In 1664 hou hy voor 'n komitee onder professor Hoornbeeck volgens die gebruik van daardie tyd 'n disputasie en word deur die klassis (ring) Walcheren as predikant vir Nederlands-Oos-Indië beroep om aan die Kaap werksaam te wees.

Hy kom in die Kaap aan in 1665 as eerste vaste predikant. Dit is ook die stigtingsdatum van die NG gemeente Kaapstad (of Groote Kerk). Hy sterf egter net die jaar daarna op 12 Januarie 1666. Hy is in die binneplein van die Kasteel die Goeie Hoop begrawe. Sy opvolger, ds. Johannes de Vooght, kom ses weke later aan die Kaap aan, maar vertoef net tot 23 November 1666.

Kaapse predikante tydens die 17de eeu Joan van Arckel (ook Johannes), 1665 - 1666 Johannes de Vooght, 26 Februarie tot 23 November 1666 Petrus Wachtendorp, November 1666 - Februarie 1667 Adriaan de Vooght, 1667 - 1674 Rudolphus Meerlandt, 1674 - 1675 Petrus Hulsenaar, 1675 - 1677 Johan Frederick Stumphius, Mei 1678 Johannes Overney, 1678 - 1687 Johannes van Andel, 1687 - 1689 Pierre Simond, 1688 – 1702 Leonardus Terwoldt, 1689 - 1693 Hercules van Loon, 1695 - 1697 Petrus Kalden, 1697 - 1707

Eksterne skakels www.grootekerk.org.za Webwerf van die NG gemeente Kaapstad

Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Nederlandse predikante Kategorie:Predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Geboortes in 1640 Kategorie:Sterftes in 1666