Addis Abeba is die hoofstad en grootste stad van Ethiopië en lê op 'n hoogte van 2 355 m. Die stad het 'n internasionale lughawe, 'n spoorlyn wat na die hawe van Djiboeti lei en 'n universiteit. Belangrike bedrywe sluit tabak, voedselprodukte, tekstiel, chemikalieë en sement in.
Geskiedenis Die stad is in 1886 deur Menelik II gestig en het reeds twee jaar later die hoofstad geword. Italië het dit van 1936 tot 1941 beset toe hulle dit die hoofstad van Italiaans-Oos-Afrika gemaak het.
Besienswaardighede Die St. George-katedraal, nasionale museum, nasionale biblioteek en Menelik II se graftombe is van die besienswaardighede vir die toeris. Die stad was die hoofkwartier van die Organisasie vir Afrika-eenheid en is steeds die hoofkwartier van die Verenigde Nasies se Ekonomiese Kommissie vir Afrika en van die Afrika-unie.
Bevolking Addis Abeba se bevolking is in 1992 op 1 763 000 geraam, maar het intussen toegeneem tot 3 384 569 (2008), wat dit die grootste stad maak in 'n land wat nié aan die see grens nie.
Eksterne skakels Addis Abeba-fotogalery Addis Ababa Pano Addis Abeba op Wikivoyage Addis Abeba-stadsbestuur Addis Abeba se stadsraad Inleiding tot Addis Abeba Foto's van Addis Abeba Foto-galery van Addis Abeba Opvoedingsinstellings in Addis Abeba
Kategorie:Nedersettings in Ethiopië