duimnael|links|Hollywood Walk of Fame duimnael|links|Die Hollywood La Brea Gateway-monument is nie onomstrede nie - en deur die Los Angeles Times as disgustingly awful beskryf Hollywood is 'n distrik in Los Angeles, Kalifornië, Verenigde State van Amerika. Die naam word ook gebruik om na die Amerikaanse rolprentindustrie te verwys - alhoewel die meeste groot rolprentateljees (behalwe vir Paramount Studios) lankal na ander stadsdele soos Burbank en Culver City verskuif is.

Hollywood is oorspronklik in 1857 as 'n onafhanklike stad gestig en is in 1903 by Los Angeles ingelyf. In 1910 het dit 'n distrik van Los Angeles geword. 'n Referendum is in November 2002 gehou om Hollywood van Los Angeles af te skei, maar die voorstel is met 'n oorweldigende meerderheid verwerp.

Die naam Hollywood word ook gebruik om na die filmindustrie in en om Hollywood te verwys. Die eerste ateljee is in 1911 deur David Horsley (1873–1933) ingerig, 'n boorling van Engeland wat as een van die baanbrekers van die Amerikaanse rolprentbedryf beskou word. In dieselfde jaar is 'n verdere 15 onafhanklike ateljees daar oopgemaak. Die gebied is ideaal vir rolprentproduksie vanweë die goeie weer en langer dae.

Besienswaardighede Die volgende besienswaardighede is in die gebied te sien: Griffith-sterrewag Griffith Park Hollywood-kenteken Sunset Strip Hollywood Bowl Eggo Lake Grauman se Chinese teater Hollywood Walk of Fame Beverly Hills Dolby Theatre

Kategorie:Los Angeles Kategorie:Nasionale rolprentbedryf