TerminalFour is 'n ontwikkelaar van internet inhoudsbestuurstelsels (CMS), met hoofkantoor in Dublin, Ierland. Volgens die Irish Times koerant, is TerminalFour die nommer een verskaffer van inhoudsbestuurstelsels aan die Ierse publieke sektor.
Maatskappy Geskiedenis TerminalFour is in 1996 gestig deur Piero Tintori, as 'n student aan die Dublin City Universiteit. Die maatskappy het hoofsaaklik in die Ierse mark meegeding, totdat 'n €320 000 belegging van die Davy BES fonds in 2002 TerminalFour aan die UK mark blootgestel het, ten spyte van die dotcom-krisis.Die maatskappy het genoeg sukses behaal teen April 2008, om 'n verdere uitbreiding na Europa, Amerika en die Midde-Ooste aan te kondig. TerminalFour het in dieselfde jaar projekte vir die Ministerie van Informasie Bahrein, Oxford Universiteit en Heritage Ireland voltooi.
Aktiwiteite TerminalFour se hoofproduk is Site Manager. Volgens Tintori, is Site Manager spesifiek bruikbaar vir tersiêre onderwys institute a.g.v die feit dat dit op 'n ope platform (open platform) gebaseer is. Die huidige weergawe is Site Manager 6, en is in September 2007 aan die publiek bekendgestel. Die maatskappy verskaf ook eForms funksionaliteit.
TerminalFour is ook aktief in die publieke sektor, maatskappye met veeltalige inhoud en die finansiële sektor.
Toekennings TerminalFour het vir die laaste ses jaar in die Deloitte Technology Fast 50 Awards (http://www.deloitte.com/dtt/leadership/0,1045,sid%253D3040,00.html )Deloitte Technology Fast 50 lys verskyn.
Verwysings
Kategorie:Firmas Kategorie:Ierland Kategorie:Sagteware