Joego-Slawië (Serwo-Kroaties: Jugoslavija/Југославија, [juɡǒslaːʋija]; Sloweens: Jugoslavija, [juɡɔˈslàːʋija]; Masedonies: Југославија, [juɡɔˈsɫavija]; Albanees: Jugosllavia, Hongaars: Jugoszlávia; letterlik: "Suid-Slawië") was tussen 1918 en 2003 die naam van drie opeenvolgende state in Suidoos-Europa op die Balkanskiereiland. Die hoofstad van hierdie state was telkens Belgrado.
duimnael|links|Die ontbinding van Joego-Slawië Die eerste Joego-Slawië (1918–1941) was 'n koninklike diktatuur wat van 1918 tot 1929 bekend was as die Koninkryk van die Serwiërs, Kroate en Slowene en van 1929 tot 1941 as die Koninkryk Joego-Slawië. Dit het bestaan tot dit deur Nazi-Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog ingeval is. Die tweede Joego-Slawië (1943–1992) was die bekendste. Die staat het van 1943 tot 1945 as die Federale Demokratiese Republiek Joego-Slawië bekend gestaan, van 1945 tot 1963 die Federale Volksrepubliek Joego-Slawië en van 1963 tot 1992 die Sosialistiese Federale Republiek Joego-Slawië. Die derde Joego-Slawië (1992–2003) het ontstaan na die Joego-Slawiese Oorlog en het bestaan uit Serwië en Montenegro. Die amptelike naam was die Federale Republiek van Joego-Slawië.
Vanaf 2003 het hierdie staat as Serwië en Montenegro bekend gestaan, maar in 2006 het dit verdeel in twee afsonderlike state, naamlik Serwië en Montenegro.
Sport In sport was die Joego-Slawiese nasionale sokkerspan een van die mededingendste spanne; hulle het agt keer aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem en twee keer die vierde plek behaal (in 1930 en 1962). Vir die UEFA Europa-beker kon Joego-Slawië vier keer kwalifiseer en was twee keer (in 1960 en 1968) die naaswenner. Die Europese Sokkerkampioenskap is in 1976 in Joego-Slawië aangebied, waartydens die gasheer die vierde plek verower het. Tydens die Olimpiese Somerspele 1960 in Rome het die Joego-Slawiese nasionale sokkerspan die goue medalje verower. Sarajevo, die destydse hoofstad van die Sosialistiese Republiek Bosnië en Herzegowina, het die Olimpiese Winterspele 1984 gehuisves.
Galery
Deelrepublieke van die sosialistiese Joego-Slawië Naam Hoofstad Vlag WapenSosialistiese Republiek Bosnië en HerzegowinaSarajevo70px|raam40pxSosialistiese Republiek KroasiëZagreb70px|border40pxSosialistiese Republiek MasedoniëSkopje70px|border40pxSosialistiese Republiek MontenegroTitograd70px|border40pxSosialistiese Republiek Serwië Sosialistiese Outonomie Provinsie Kosovo Sosialistiese Outonomie Provinsie VojvodinaBelgrado Pristina Novi Sad70px|border40pxSosialistiese Republiek SloweniëLjubljana70px|border40px
Opvolging van Joego-Slawië Naam Hoofstad Vlag Wapen Onafhanklikheidsverklaring Verenigde Nasies lidmaatskap Federale Republiek Joego-Slawië<small>later hernoem totSerwië en MontenegroBelgrado70px|border40px27 April 1992<small>datum van die proklamasie van FR Joego-Slawië1 November 2000<small>lidmaatskap opgevolg deur Serwië op 3 Junie 2006KroasiëZagreb70px|border40px25 Junie 199122 Mei 1992SloweniëLjubljana70px|border40px25 Junie 199122 Mei 1992Noord-MasedoniëSkopje70px|border40px8 September 19918 April 1993Bosnië en HerzegowinaSarajevo70px|border40px1 Maart 199222 Mei 1992
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geskiedenis van Bosnië en Herzegowina Kategorie:Geskiedenis van Kroasië Kategorie:Geskiedenis van Montenegro Kategorie:Geskiedenis van Noord-Masedonië Kategorie:Geskiedenis van Serwië Kategorie:Geskiedenis van Slowenië