Asmaraأسمرةኣስመራ 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Streek Maekel Koördinate  Stigting 12de eeu Oppervlakte:    - Totaal 45 vk km  Hoogte bo seevlak 2 325 m Bevolking:    - Totaal (2020) 963 000  - Bevolkingsdigtheid 19 911/vk km Tydsone UTC +3 (OAT) Burgemeester Fshaye Haile

Asmara (Arabies: أسمرة, Tigrinya: ኣስመራ, voorheen Asmera) is die hoofstad en grootste stad van Eritrea met 'n bevolking van 963 000 in 2020 en 'n oppervlakte van 45 km². Die stad is in die sentrum van Eritrea in die Groot Skeurvallei geleë. Asmara is bekend vir sy goed bewaarde koloniale Italiaanse Modernistiese argitektuur. Mark Byrnes An African City's Unusual Preservation Legacy, 8 Februarie 2012, Atlantic Cities Die Modernistiese stad van Asmara is in 2017 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Geskiedenis Asmara was 'n dorp tot ongeveer 1880, toe dit 'n streeksadministrasiesentrum in Ethiopië geword het. Dit het in 1900 die hoofstad van die Italiaanse kolonie van Eritrea geword. Teen die einde van die dertiger jare het die Italianers die voorkoms van die stad geweldig verander. Hulle het verskillende geboue volgens 'n nuwe stadsplan gebou, soos die katedraal Chiesa della Beata Vergine del Rosario (Asmara) en die Fiat Tagliero-vulstasie. Asmara het byvoorbeeld die bynaam Piccola Roma (klein Rome) gehad. Daar is nog baie geboue met 'n Italiaanse inskripsie en styl.

In die oorlog van onafhanklikheid met Ethiopië in 1993 het daar hewige gevegte plaasgevind, veral rondom die lughawe. Min van hierdie oorlog kan in Asmara gesien word. Die stad is skaars beskadig. Nadat Eritrea in 1991 'n amptelik onafhanklike staat geword het, is die stad hernu. Hulle het oral in die stad gebou en beskadigde huise is opgeknap. Dit word nou beskou as een van die skoonste stede in Afrika.

Religie Christendom en Islam is die twee grootste godsdienste in Eritrea. Vier groot landmerke van die stad is die katedraal Chiesa della Beata Vergine del Rosario en die Kidane Mehret-katedraal van die Katolieke geloof, die Enda Mariam-katedraal, van die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk, en die groot moskee van Asmara van die Islamitiese geloof. Die godsdienstige meerderheid in Asmara is die Eritrees-Ortodokse Tewahedo-kerk. Die bevolking in die Sentraal-streek (Eritrea) is 89 persent Christene (byna 84 persent Ortodokse, 4 persent Rooms-Katolieke en meer as 1 persent Protestante) en 5 persent Moslem.

Susterstede Florence, Italië Khartoem, Soedan

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike Unesco-bladsy

Kategorie:Geografie van Eritrea Kategorie:Wêrelderfenisgebiede in Afrika