Achnoed (Russies en Kalmikies: Ахнуд) is 'n klein dorpie in Gorodowikofsk-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Winogradnoje Plaaslike Munisipaliteit wat nog een groter nedersetting insluit, en lê 18 kilometer noordoos van die rajon se setel, Gorodowikofsk, naby die grens met Rostof-oblast.

Die dorpie se naam kom waarskynlik van die etnoniem van 'n Kalmikiese stam.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Achnoed 51 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 46 90,2% Onbekend 5 9,8% Totaal 51 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië