Zenzeli (Russies: Зензели) is 'n dorpie in Liman-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Zenzeli Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê naby die grens met Kalmikië, 'n ander federale deelgebied van Rusland.
Demografie Volgens Sensus 2002 het Zenzeli 3 150 inwoners gehad. Etniese Russe, Tartare en Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2002Persentasie Russe 1 198 38% Tartare 725 23% Kalmikiërs 404 12,8% Tsjetsjniërs 368 11,7% Kasakke 178 5,7% Dargine 99 3,1% Lesgiërs 52 1,7% Oekraïners 28 0,9% Nogais 23 0,7% Aware 16 0,5% Moldawiërs 10 0,3% Koemikke 9 0,3% Belarusse 7 0,2% Jode 6 0,2% Lakiërs 5 0,2% Oesbeke 4 0,1% Armene 3 0,1% Azerbeidjanners 3 0,1% Basjkiriërs 3 0,1% Duitsers 3 0,1% Erzjas en Moksjas 3 0,1% Maris 3 0,1% Totaal 3 150 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast