Tsjapajefskoje (Russies: Пушкинское) is 'n klein dorpie in Gorodowikofsk-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Poesjkinskoje Plaaslike Munisipaliteit wat nog een kleiner nedersetting, Poesjkinskoje, insluit. Dit lê 22 kilometer noordwes van die rajon se setel, Gorodowikofsk, naby die grens met Rostof-oblast.

Geskiedenis Die dorpie is in 1921 deur Kalmikiese setlaars uit Orenburg-oblast gestig en het oorspronklik die naam Orenboergski gekry. Ná die deportasie van die Kalmikiërs na Siberië deur Josef Stalin se Sowjetregering is die dorpie ter ere van Wasili Tsjapajef hernoem.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Tsjapajefskoje 726 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 569 78,4% Duitsers 34 4,7% Aware 27 3,7% Oekraïners 27 3,7% Belarusse 19 2,6% Ander groepe 50 6,9% Totaal 726 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië