duimnael|220px|Die nuwe Garuda Indonesia lugwaardin-uniforms, met kebaya en parang gondosuli batik Garuda Indonesia is die vlagdraer van Indonesië, met sy hoofkwartier op Soekarno-Hatta Internasionale Lughawe. Dit is 'n opvolger van KLM Interinsulair Bedrijf en 'n lid van SkyTeam. Dit is die tweede grootste lugredery van Indonesië na Lion Air, wat geskeduleerde vlugte bedryf na 'n aantal bestemmings regoor Asië, Europa en Australië vanaf sy spilpunte, fokusstede, asook ander stede vir Hadj. Dit is die enigste Indonesiese lugredery wat na die Europese lugruim vlieg. duimnael|'n Garuda Indonesia Douglas DC-8 by die ou Kai Tak-lughawe in 1967 duimnael|220px|'n Douglas DC-10-30 van Garuda Indonesia by die lughawe van Amsterdam in 1977 duimnael|Garuda se Boeing 737-800's staan by Terminaal 3 van Soekarno-Hatta Internasionale Lughawe, wat die lugredery se hoofspilpunt is duimnael|Garuda Indonesia Bombardier CRJ1000 by die Komodo-lughawe.

Vloot Teen Desember 2022, het Garuda Indonesia die volgende vliegtuie bedryf: +Garuda Indonesia vloot Vliegtuie In diens Bestellings Passasiers Notas F B E Totaal Airbus A330-200 5 — — 36 186 222 Alle vliegtuie van hierdie tipe word tans gestoor. 18 242 260 Airbus A330-300 15 — — 36 215 251 24 263 287 — 360 360 Airbus A330-800 — 4 TBA Airbus A330-900 5 25 — 24 277 301 2 vliegtuie oorgeplaas vanaf Citilink. 42 323 365 Boeing 737-800 38 2 — 12 150 162 162 174 Boeing 777-300ER 8 4 8 38 268 314 Sommige vliegtuie moet aan diens onttrek worden aan hul verhuurders terugbesorg word. — 26 367 393 Cargo Garuda Indonesia vloot Airbus A330-200P2F — 1 Vrag Om van passasiersvliegtuie omgeskakel te word. Airbus A330-300F 2 8 Vrag Omgeskakel van passasiersvliegtuie. Boeing 737-800BCF — 2 Vrag Gehuur van GECAS . Totaal 73 46

Kompetisie Oor die algemeen word Indonesiese binnelandse lugreisondernemings oorweldigend deur twee groepe ooheers; Lion Air-groep en Garuda Indonesia-groep. In 2021 was die Lion Air-groep verantwoordelik vir 59,4% van die markaandeel, terwyl die Garuda Indonesia-groep 'n markaandeel van 33,1% gehad het.

Vir internasionale roetes het Garuda Indonesia vier lugrederye geïdentifiseer wat die maatstaf geword het om hul diens te verbeter en om mee te ding om die wêreld se beste lugredery te wees. Die ernstige mededingers vir Garuda Indonesia se internasionale roetes is Singapore Airlines, Qatar Airways, Emirates en Cathay Pacific.

Verwysings

Kategorie:Lugrederye