Oktjabr-rajon (Russies: Октябрьский район, Kalmikies: Октябрин район) is 'n administratiewe rajon van Kalmikië, Rusland. Dit lê in die noordelike deel van die republiek en grens aan Astrachan-oblast, 'n ander federale deelgebied van Rusland. Die rajon se setel is die dorp Bolsjoi Tsarin.

In die Sowjetera het die rajon die naam Oktjabr gekry wat van die Russiese woord vir Oktober kom, die maand van die Russiese Rewolusie van 1917 en 'n belangrike simbool vir die regime.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Oktjabr-rajon 9 438 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs en Russe vorm die meerderheid van die rajon se bevolking.

Etniese groepSensus 2010 Persentasie Kalmikiërs 6 165 65,3% Russe 1 711 18,1% Koreane 681 7,2% Tsjetsjniërs 137 1,5% Dargine 130 1,4% Oekraïners 80 0,9% Kasakke 72 0,8% Tartare 48 0,5% Ander groepe 414 4,4% Totaal 9 438 100%

Verwysings

Kategorie:Kalmikië