Satyrium foliosum is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Orchidaceae familie. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom op Tafelberg, die Hottentots-Hollandberge en die Kogelberg voor. Die populasie word beraam op minder as 'n 1 000 plante. Die spesie is deel van die fynbos en word bedreig deur indringerplante, pluk van die blomme deur mense en 'n skadelik brandprogram.

Bronne Redlist Plants of the World Online

Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika foliosum