Saracha (Russies: Сараха, Kalmikies: Сарха) is 'n klein dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Tsjkalofski Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie nedersettings insluit, en lê 25 kilometer oos van die rajon se setel, Kettsjeneri.

Die dorpie se naam kom van die Kalmikiese woord vir "stamperig".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Saracha 77 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 69 89,6% Russe 8 10,4% Totaal 77 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië