Ewdik (Russies: Эвдык, Kalmikies: Өвдг) is 'n klein dorpie in Kettsjeneri-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Tsjkalofski Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie nedersettings insluit, en lê naby die Sarpameer 51 kilometer oos van die rajon se setel, Kettsjeneri.

Die dorpie se naam kom van die Kalmikiese woord vir "knie".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Ewdik 263 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 252 95,8% Russe 6 2,3% Kasakke 5 1,9% Totaal 263 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië