Poldnewoje (Russies: Полдневое) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Obraztsowo-Trawino Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op 'n klein eiland tussen die Poldnewaja- en Wolgariviere 55 kilometer suidwes van Astrachan se middestad.
Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "middag".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Poldnewoje 1 046 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast