Lebjazje (Russies: Лебяжье) is 'n Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Obraztsowo-Trawino Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit in die Wolga-rivierdelta geleë. Dit lê op 'n klein eiland oorkant die klein Kizanrivier oorkant 'n ander dorpie, Zaton, 49 kilometer suidoos van Astrachan se middestad.
Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "swaan".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Lebjazje 732 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kasakke 713 97,4% Russe 4 0,5% Nogais 3 0,4% Onbekend 12 1,6% Totaal 732 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast