Boezan-razezd (Russies: Бузан-разъезд) is 'n klein dorpie in Krasnojarski-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Sejitofka Plaaslike Munisipaliteit en lê op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta. Die dorpie se naam kom van die name van die nabygeleë Boezanrivier en die plaaslike treinstasie.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Boezan-razezd 13 inwoners gehad. Etniese Karagasjiërs, 'n subgroep van die Nogais, vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Nogais 6 46,2% Kasakke 3 23,1% Onbekend 4 30,8% Totaal 13 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast