Robbie Klay is 'n Afrikaanse sanger en akteur. Hy sing al van vyfjarige ouderdom en sy eerste album, Kan 'n man dan nie, is uitgereik toe hy slegs 9 jaar oud was. Sy debuut as akteur was in die Afrikaanse TV-drama "Amalia", waar hy die rol van Buks van Wyk, Amalia se seun vertolk het. Hy het ook al op verskeie aktualiteitsprogramme soos Kwela, Geraas, Voorblad en KTV verskyn.

Biografie Klay is op 20 Junie 1986 in Pretoria, Suid-Afrika gebore. Hy het kuns en drama studeer by die Pro Arte Hoërskool in Pretoria. Klay het dramakursusse voltooi in 2003 aan die Technikon Pretoria, en in 2007 by TVI Actors Studio in Los Angeles, Kalifornië.Biografie op Klay se webtuiste , besoek op 5 Januarie 2015

Sy buite-egtelike dogtertjie, Jaydhen, is gebore toe hy 15 jaar oud was.Els oor Klay se vaderskap, Die Burger, 1 Maart 2008. Via Media24 archive

Klay het in 2008 'n saak van seksuele molestering teen medesanger Jurie Els aanhangig gemaak.Polisie-ondersoek in Els/Klay-saak is "feitlik afgehandel", Beeld, besoek op 4 September 2008 en 5 Januarie 2015 In sy finale uitspraak het regter Chris Eksteen Klay se getuienis as onvoldoende afgemaak en Els vrygespreek.Hof is agterdogtig, maar dis nie genoeg, sê regter, Beeld, 5 Desember 2009 In September 2010 het Naledi Uitgewers Jurie Els se outobiografie "Ver van Vrede" uitgegee. Een derde van die boek is aan die hofsaak afgestaan en Els haal direk uit die amptelike hooggeregshofrekord aan.

In Desember 2010 word Klay 'n tweede keer pa nadat hy 'n 15-jarige skoolmeisie swanger gemaak het.DNS wys Robbie ís die pa, Beeld, 15 April 2011

Diskografie Sy albums: Kan 'n man dan nie (1997) My Naam Is Robbie (1998) Tokolosh (1999) Ek hou van jou (2000) Ra Ta Ta (enkelspeler, 2003) Iko iko...net vir jou! (2003) Treffers (1997–2003) Nuwe Dag (2005) Hier by my (2006) Collections (2007) Ek is hier... (2008)

Verwysings

Sien ook Suid-Afrikaanse Musikante

Eksterne skakels Amptelike webwerf

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense