Vanadium(III)oksied is 'n verbinding van vanadium en suurstof. Die chemiese formule is en die metaal se oksidasietoestand is 3+.
Sintese Vanadium(III)oksied kan op verskeie maniere vervaardig word: Reduksie van vanadiumpentoksied Oksidasie van die metaal vanadium Hidrotermale metodes wat begin met vanadiumalkoksiede of -sulfiede
Struktuur
Hierdie oksied besit die korund-struktuur wat kanale (tonnels) bevat waarlangs alkalimetaalione, soos litium kan interkaleer. Dit hou 'n gedeeltelike reduksie van die vanadiumione tot in. By kalsinering by 600°C ontstaan V-holtedefekte wat die omgekeerde effek verteenwoordig. Meer suurstof word aan die rooster toegevoeg en 'n gedeeltelike oksidasie van vanadium tot vind plaas.
Berekenings met die digtheidsfunksionaalteorie wys dat die stof tot een mol kalium sou kon opneem en vorm.
Eienskappe
Die elektriese geleidingsvermoë is taamlik hoog ∼10 Ωcm, wat 'n tiende van die metaal rutenium s'n is: ∼10 Ωcm, en baie hoër as vanadium(IV)oksied s'n, ∼4 Ωcm. Die stof is stabiel in sure en basiese omstandighede.
Aanwendings
Hierdie eienskappe maak die verbinding baie interessant vir aanwending in batterye en superkapasitors. Baie navorsing word gedoen, veral na die vervaardiging van materiale met nanomorfologie. Dis moontlik om -nanokristalle te vorm deur pentoksiedpoeier in 'n waterstofplasma in te voer. Die resultaat was kristalletjies van slegs 35-50 nm. Nanostafies is ook gemaak deur 'n hidrotermale reaksie gevolg deur 'n behandeling in stikstofgas met 5% waterstof by 600 °C.
Verwysings
Kategorie:Anorganiese verbindings Kategorie:Verbindings van vanadium