Beregowoi (Russies: Береговой) is 'n klein Kasakse dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Soeltanofka Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.
Die dorpie se oorspronklike naam was Sjajtan-Aoel of Sjajtani. Dit is in 1965 deur die Sowjetregering herdoop.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Beregowoi 163 inwoners gehad, van wie almal etniese Kasakke was.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast