Krasa (Russies: Краса) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Zjitnoje Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Ikrjanoje-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Die letterlike betekenis van die dorpie se Russiese naam is "skoonheid".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Krasa 105 inwoners gehad. Etniese Russe en Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast