Sergei Bendt (Russies: Сергей Бендт, 1958 – 2007) was 'n Russiese digter, joernalis en teaterakteur van Astrachans-Joodse afkoms. In baie van sy gedigte praat hy oor die geskiedenis, kultuur en estetika van sy tuisstreek en Sentraal-Asië.

Biografie Sergei Bendt is in 1958 gebore in die Joodse familie van Nikolai Bendt en sy vrou Tamara. Hy het teaterkuns aan die Astrachanse Musiekinstituut gestudeer. Ná sy gradeplegtigheid het hy na Asjchabad, Turkmenistan, verhuis waar hy by die Asjchabadse Teaterateljee gewerk het. Toe hy in Turkmenistan gewoon het, het hy gedigte begin skryf. Bendt se poësie is in verskeie Sowjetse letterkundetydskrifte gepubliseer. Sy eerste boek, genaamd "Maar...", is in 1997 op sy tuisdorp, Astrachan, gepubliseer.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Astrachanse Jode Kategorie:Russiese digters Kategorie:Russiese joernaliste Kategorie:Mense van Astrachan Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Sterftes in 2007