duimnael|Piktogram wat 5-per-kant sokker aandui duimnael|links|Brasilië teen Argentinië in die finale van die 5-per-kant sokker tydens die Parapan American Games in 2007 te Rio de Janeiro duimnael|Piktogram wat 7-per-kant sokker aandui
Paralimpiese sokker is 'n aanpassing van sokker vir atlete met gestremdhede. Die sport word gewoonlik volgens die reëls van FIFA, die Internasionale Sokkerfederasie, gespeel.
Die twee mees prominente variasies van paralimpiese sokker is: 5-per-kant sokker vir atlete met visuele gestremdhede; en 7-per-kant sokker, vir atlete met serebrale parese (breingestremdhede).
Paralimpiese sokker word internasionaal beoefen en is ook op die program van die Paralimpiese Spele.
5-per-kant sokker Vyf-per-kant sokker word beoefen deur spelers met visuele gestremdhede. Die span mag van 'n gids en 'n doelwagter met normale sig gebruik maak. Die bal word van 'n geraasmaker voorsien sodat spelers dit kan volg.
7-per-kant sokker Sewe-per-kant sokker word beoefen deur spelers wat motoriese probleme as gevolg van harsingbeskadiging ondervind. Die tipe beskadiging vind meestal plaas as gevolg van geboortetrauma (Serebrale Parese).
Sewe spelers per span durf mekaar op 'n kleiner voetbalveld (75 m x 55 m) aan. Die doelgebied is ook kleiner (5 m x 2 m).
Eksterne skakels
Dokumentasie met Engelse subtitels
Kategorie:Paralimpiese sportsoorte Kategorie:Sokker