Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Namas.

Nama is 'n Khoisan-taal wat deur die Namas en Damaras in Namibië, Botswana en Suid-Afrika gepraat word. Dit is ook bekend as Khoekhoegowab. Daar is meer as 270 000 mense met Nama as moedertaal. Andere benamings vir Nama sluit in: Namataal, Nama/Damara, Namakwa, Namaqua, Bergdamara en Tama.

duimnael|links|'n Namaman gee onderrig in die Namataal duimnael|links|Verspreiding van Nama in Namibië volgens die 2011-sensus: Nama is verwant aan die taal van die Hai//om-San, ǂAakhoe.

In Namibië word Nama as 'n nasionale taal erken. In Suid-Afrika is Nama nie een van die elf ampstale nie, maar is wel in die grondwet opgeneem as taal wat deur die nasionale regering beskerm en gekultiveer moet word. Daar is pogings om die taal in Suid-Afrika te bevorder. litnet.co.za: die Nama-taal In 2018 is die Namataal by sommige skole in die Noord-Kaap bekendgestel. news24.com: Nama language to be introduced at two Northen Cape Schools thenewage.co.za: Schools to introduce Nama Language

Voorbeelde Algemene woorde en frases:

Afrikaans Nama asseblief toxoba dankie aio baie dankie kai aios Broer ǃgâsab een ǀgui twee ǀgam drie ǃnona vier haka vyf koro venster mûǂui doas vuur ǀaes goed (byvoeglike naamwoord) ǃgâi-a goed (bywoord) ǃgâise sleg ǁgâi-a Goeiemôre ǃgâi ǁgoas Goeienaand / goeie nag ǃgâi ǃoes Goeiedag / totsiens ǃgâi tsés Huis oms gister ǁari vandag nétsé môre ǁari seun axab, ǀgoab, darob meisie axas, ǀgoas, daros, ǂkhamkhoes

Sien ook Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke Franz Kleinschmidt (1812–1864), Rynse sendeling en opsteller van Nama-Nederlands-woordeboek. Johann Krönlein (1826–1892), Rynse sendeling, Nama-Bybelvertaler en -leksikograaf. Johann Schmelen (1777–1848), Rynse sendeling en Namakenner. Heinrich Vedder (1876–1972), Rynse sendeling, opvoedkundige, taalkundige (onder meer van Nama), volkekundige, historikus en senator.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Khoisan-tale Kategorie:Noord-Kaap Kategorie:Tale van Botswana Kategorie:Tale van Namibië Kategorie:Tale van Suid-Afrika