Nama of Namaqua is die naam van 'n bevolkingsgroep in Botswana, Namibië en Suid-Afrika. Die Namas word as deel van die Khoikhoi-groep beskou en was in die verlede Hottentotte(n) genoem. Die benaming Hottentotte verwys na hul spreektaal waarin klieks (suigklanke) gebruik word. Die Namas en die Damaras gebruik beide Nama as taal.

Konflikte duimnael|links|Nama-leier Hendrik Witbooi duimnael|links|Namakaptein Hendrik Witbooi (middel) en sy metgeselle duimnael|links|Nama-hutte op die Richtersveld in Suid-Afrika duimnael|links|Rokende Nama-vrou in die Kalahariwoestyn Oorspronklik woon die Namas alleen in die gebied van die Oranjerivier, in die suide van Namibië en noorde van Suid-Afrika. Mettertyd trek die Namas noord as gevolg van diamantmynbou bedrywighede. In die noorde kom hulle in konflik met die Hereros. Beide volke was veeboere en vele oorloë is oor hoofsaaklik die eienaarskap van weigronde geveg.

Gedurende 'n opstand van die Nama teen die Duitsers in 1904-1907 het ongeveer die helfte van die Namabevolking omgekom (sien Namibiese volksmoord 1904).

Kontak met blankes Die aantal Namas in Namibië word op ongeveer 60 000 geskat in die jaar 2005. Van die vanne wat algemeen onder die Namas gebruik word, dui op vroeëre kontak met blankes: Witbooi Swartbooi Veldskoendraers Oorlams Fransman Afrikaner

Van die bekende Nama-leiers was: Jonker Afrikaner Hendrik Witbooi

Godsdiens Baie Namas het onlangs die Islam geloof aangeneem, waardeur hulle nou die grootste islamitiese bevolkingsgroep in Namibië vorm.

Verwysings

Bibliografie Green, Lawrence G.: The Namaquas. In: On wings of fire. Kaapstad: Howard Timmins, 1982.

Kategorie:Etniese groepe in Botswana Kategorie:Etniese groepe in Namibië Kategorie:Etniese groepe in Suid-Afrika Kategorie:Inheemse volke van Suider-Afrika