Oespech (Russies: Успех) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland wat tot die Tsjagan Plaaslike Munisipaliteit behoort. Soos baie ander nedersettings in Kamiziak-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë.
Geskiedenis Die dorpie is in 1947 gestig deur etnies Russiese Ougelowiges uit Roemenië wat die Sowjetregering na Rusland genooi het deur 'n repatriasieprogram. Die gerepatrieerdes het besluit om hulle in hierdie gebied te vestig, omdat hulle in Roemenië gewoon het in 'n soortgelyke natuurlike omgewing in die Donau-rivierdelta.
Demografie Volgens Sensus 2010 was daar 214 inwoners op Oespech. Etniese Russe, nakomelinge van die oorspronklike Ougelowige setlaars, vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010PersentasieRusse 199 93%Tsjetsjniërs 11 5,1%Kasakke 4 1,9%Totaal214100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast