Zeljoni Ostrof (Russies: Зелёный Остров) is 'n klein dorpie in Astrachan-oblast, Rusland. Soos baie ander nedersettings in Wolodarski-rajon, is dit op 'n eiland in die Wolga-rivierdelta geleë. Die dorpie se naam kom van die Russiese woorde vir "groen eiland".
Demografie Volgens Sensus 2010 was daar 184 inwoners op Zeljoni Ostrof. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010PersentasieKasakke 125 67,9%Russe 48 26,1%Tartare 6 3,3%Onbekend 5 2,7%Totaal184100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast