Roelna Louw Bashew (geboortenaam Roelna Louw) is 'n Suid-Afrikaanse beeldhouer, rolprentregisseur en draaiboekskrywer. In die 1990's het sy na die Verenigde State verhuis en woon tans in Santa Clarita, Kalifornië.

Onder Louw Bashew se bekendste werke as regisseur en draaiboekskrywer is die Afrikaanstalige kindertelevisiereekse Woepies Wurm, Mof en Mat en Doffel, Babbel en Bekkie wat deur haar man Howard Bashew vervaardig is. Sy het ook kinderprogramme in Engels en Zoeloe geskep.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse beeldhouers Kategorie:Suid-Afrikaanse draaiboekskrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs