Kristangs is 'n Portugees-gebaseerde kreooltaal wat deur die mense van gemengde Europese en Asiatiese afkoms in Maleisië en Singapoer gepraat word. Dit word in beide lande as 'n bedreigde minderheidstaal beskou. Klein diasporagemeenskappe van Kristangssprekendes bestaan ook in Australië, Kanada en die Verenigde Koninkryk.

Etimologie Die taal se endoniem Papia Kristang kom van die Portugese papear cristão, waarvan die letterlike betekenis is "om in Christeliks te gesels". Die werkwoord papear het ook die naam gegee aan Papiaments, 'n ander Portugeesgebaseerde kreools wat in Wes-Indië gepraat word.

Geskiedenis Die kreooltaal het in die vroeë 1500's ontstaan nadat die Portugese Ryk Malakka verower het en 'n handelspos in die stad gevestig het. Alhoewel Malakka in 1642 deur die Nederlandse Verenigde Oos-Indiese Kompanjie oorgeneem is en later 'n Britse kolonie geword het, het die Katolieke identiteit wat deur die Portugese gebring is en die taal wat op hulle s'n gebaseer is tot vandag toe bewaar gebly.

Verwysings

Kategorie:Tale van Maleisië Kategorie:Tale van Singapoer Kategorie:Portugeesgebaseerde pidgin- of kreooltale