MY Cephei (afgekort as MY Cep), ook bekend as IRC +60375, is 'n rooisuperreus in die oop sterreswerm NGC 7419 in die sterrebeeld Kefeus. Dit is 'n halfgereelde veranderlike ster met 'n maksimum magnitude van 14,4 en 'n minimum magnitude van 15,5.
MY Cephei het 'n ongewone spektraaltipe van M7,5. Dit is een van die laatste spektraaltipes van enige superreus. Die ster is een van die helderste en koelste rooisuperreuse, sowel as een van die grootste bekende sterre. As dit in die middel van die Sonnestelsel geplaas kon word, sou dit tot anderkant Jupiter en moontlik selfs Saturnus se wentelbaan gestrek het.
Waarnemings thumb|links|220px|'n Ligkurwe in die sigbare band vir MY Cephei.
Waarnemings van die oop sterreswerm NGC 7419 in 1954 het getoon vier van sy sterre is helder, rooi sterre, hoogs waarskynlik rooisuperreuse. Daarbenewens is ontdek 'n buitengewoon rooi ster is veranderlik en moontlik 'n nog helderder rooisuperreus. Dié ster het in 1973 die veranderlikesternaam MY Cephei gekry.
MY Cephei word geklassifiseer as 'n halfgereelde veranderlike ster, subtipe SRc, wat aandui dit is 'n koel superreus, hoewel sy pulseringstydperk nie bekend is nie. Daar is waargeneem sy helderheid wissel van so helder as 14,4 tot so dof as 15,5. Dié ster en 'n ander laat rooisuperreus, S Persei, word soms beskou as die prototipes van die klas M6-M7-superreuse.
MY Cephei se afstand word aanvaar as omtrent , gebaseer op die aanname dat dit in NGC 7419 geleë is.
Eienskappe MY Cephei se spektraaltipe word in die General Catalogue of Variable Stars as M6-M7 Iab aangedui, wat beteken dit is 'n helder superreus van middelmatige grootte, hoewel die meeste skrywers dit beskou as 'n M7-M7,5 I. Die klassifikasie is moeilik weens die gebrek aan vergelykbare standaardsterre, maar dit lyk of sy spektrum later as M5 is.
MY Cephei is 'n baie helder, koel en groot ekstreme superreus, met 'n ligsterkte van meer as 100 000 keer dié van die Son en 'n radius van meer as 'n duisend keer die Son s'n. Dit is waarskynlik die helderste, koelste en grootste superreus in die sterreswerm; dit lê in die boonste regterkantse hoek van die Hertzsprung-Russell-diagram.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Kefeus (sterrebeeld) Kategorie:M-tipe superreuse Kategorie:Veranderlike sterre